Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is ideaal vir klaskamergebruik. By elke hoofstuk is daar n opsomming, vrae, interessante en/of moelike woordeskat wat uitgelig word, besprekingspunte en ander praaten skryfaktiwiteite. Die gids sal onderwysers help om letterkundige aspekte op n eenvoudige manier te onderrig en al die aktiwiteite, vrae en antwoorde sal beslis die onderwyser se voorbereidingstyd verkort. Leerders kan ook die gids met vrug vir selfstudie gebruik. |