: Marco Botha
: Die Baan-Brekers Hoe Suid-Afrikaanse sportleiers kampioene slyp
: Jonathan Ball Publishers
: 9781868424191
: 1
: CHF 27.70
:
: Sport
: English
<,p>,Hoe Suid-Afrikaanse Sportleiers Kampioene Slyp. Heyneke Meyer was 34 jaar oud toe hy vir die tweede keer as die hoofafrigter van n Superrugby-span afgedank is. Maar toe sy Bulls-span op 19 Mei 2007 die eerste Suid-Afrikaanse span word om die Super-titel te wen, was die donker jare op Loftus Versfeld skielik vergete en Meyer oornag almal se breier sonder gelyke.<,p>,Want dis net daar op die speelveld dat afrigters en spelers beoordeel word. En tog vertel die telbord nooit die volle verhaal van hoe mense oornag sukses behaal het nie.<,p>,Vir Meyer was dit n strawwe reis van meer as 7 jaar n tydperk waarin hy beroepsrugby gedefinieer en verander het. En dit is leierskap. En leierskap is waaroor Die Baanbrekers gaan mense wat n sportsoort, n bedryf of n manier van dink en uiteindelik daardeur ook lewens onherroeplik verander het.<,p>,Marco Botha het met van Suid-Afrika se vernaamste sportleiers gesels en hy ontleed hier hul uiteenlopende suksesverhale. Van Meyer tot Brendan Venter, wat van Saracens n superklub en in 2013 van die Haaie die Curriebeker-kampioen gehelp maak het deur n kultuur te vestig waar gelukkige mense belangriker as silwerware geag word.<,pPSherylle Calder se werk as sportwetenskaplike en afrigter het haar by koningin Elizabeth II die bynaam The Eye Lady besorg. Sy was ten nouste betrokke toe Engeland (2003) en Suid-Afrika (2007) die Wreldbeker-rugbytoernooi gewen het en Ernie Els in 2012 sy tweede Britse Ope-gholftitel.<,p>,Ook die voormalige Springbok-sewesafrigter Paul Treu het die blitskode as n wreldsport bevorder deur sy span gereeld met innovasie op innovasie bo onskynlik baie beter spanne te laat uittroon.<,p>,Gary Kirsten en Paddy Upton het die Indiese en daarna die Suid-Afrikaanse krieketspan na wreldoorheersing gelei met n leierskapstyl wat spelers bemagtig en as mense ontwikkel het die nuwe skool van afrigting.<,p>,Hierdie merkwaardige leiers het van gewone mense kampioene gemaak.<,p>,En die redes daarvoor gaan jou beslis verras . . .<,ip>,